Welkom

Welkom by Skryfsaam.co.za ‘n sosiale netwerk vir Afrikaanse skrywers.

Het jy ‘n storie om te vertel? Is jy ‘n digter, met honderde gedigte wat lê op jou rekenaar vir niemand om te lees nie? Wat van daardie epiese wetenskapfiksie wat jy gesê het jy gaan plaas? Of daardie kortverhale wat smag om gelees te word? Self-gepubliseerde boeke wat jy wil adverteer? Of is jy net lus om jou kreatiewe werk oor die net te versprei?

Indien wel, is jy op die regte plek. Op hierdie werf is ‘n saadjie geplant en dit is julle wat hom moet kom water gee. Saam bou ons ‘n unieke gemeenskap en sodoende bevorder en koester ons, ons moedertaal.

Is jy gereed om deel te wees van hierdie nuwe gewaarwording?

Lees verder, en besluit self.

Skryf Saam is gratis vir die publisering van Skryfwerk, maar moenie vir een oomblik dink dit is al waarop hierdie webwerf gaan fokus nie. Dit is ons doel om lede binnekort te omring met ‘n verskeidenheid van opsies soos  byvoorbeeld die uitstal van kunswerke, die verkoop van boeke en opwindende uitdagings, kompetisies en nog vele meer!

Jy mag dalk jouself vra, wat kan ek op die oomblik op Skryf Saam doen?

Wat Skryf Saam bied?

> Publiseer skryfwerk in 8 verskillende kategorieë

> Laai van fotos en ander media

> Lewer en ontvang kommentaar op skryfwerk en plasings

> Jou eie profiel bladsy

> Stuur en ontvang boodskappe met jou vriende

> Volg ander bydraers, maak vriende en merk jou gunsteling skryfwerk

> Skryf Saam toekennings – verdien verskeie toekennings gebaseer op jou bydrae en aktiwiteit op die webwerf

> Rang sisteem – gradeer  lede  gebaseer op verskeie bydraes en prestasies

> Eretitels – gebaseer op lede vlak en ondervinding binne die webwerf

> Uitdagings, kompetisies, aanhitsers en ander opwindende kreatiewe aktiwiteite

> En nog vele meer vir die toekoms

Is jy nou gereed om saam te skryf?

Skryf Saam is tans in beta toets. Gaan gerus voort en kyk of jy die platform kan wys raak. Indien jy enige struikelblokke teëkom moet nie huiwer om ons dadelik te laat weet nie.

Skryf Saam, Skryf in Afrikaans

Deel met jou vriende!

No votes yet.
Please wait...
Tags: ,
Temas: Nuus

Geen kommentaar nie. Het U iets om te sê?

Jy moet in teken om kommentaar te lewer.