Die Punt?

No votes yet.
Please wait...
Uitdaging
-
Kategorie
Gedigte
Geskryf deur
Datum

Miskien is jy reg. Liefde verblind my en dit wat jy sê kan ek nie begryp nie.

Soek raad by vriende, oplossings vir my eindelose dilema. Dom om nog te hoop. Dom om nog te glo.

Ek wil jou uitvee, verbrand, maar steeds skryf ek tot my hart lam is en my pen se ink die bladsye verdrink.

Jy weet my hart soek meer, voel meer, maar jy breek hom in stukkies en sê ek mors my tyd. Jou tyd.

Jy kan sê sy was eerste daar, het eerste jou hart se ruimte gevul, maar sal sy ooit dieselfde kyk na jou, voel vir jou as ek?

Jyt ‘n groot donker leemte in my gelos wat ek dink onvulbaar is. Dis asof ons ontmoet het in ‘n droom, maar dit wat ek voel, my in realiteit hard tref.

En ek kan nog skryf, ‘n duisend lyne. My hart tot in einde oopmaak vir jou, maar wat is die punt daarvan, die punt van Die Een, van al die liefde in die wêreld as dit nie op die regte tyd is nie?

-ws.

Geen kommentaar nie. Het U iets om te sê?

Jy moet in teken om kommentaar te lewer.