Nuwe Hoofstuk

Uitdaging
-
Kategorie
Gedigte
Geskryf deur
Datum
Nuwe Hoofstuk

Ek groet en sluit af.                         Die tyd het aangestap en dít het aangebreek.

Ek bewaar die nuwe roetes wat ek moet aanpak en alles wat ek moet agter laat en vergeet.

Dit voel of ek wil uitvee, die blaaie meer maak, maar die trek van die pen se ink is diep in die blaaie gevlek.

Trane vererger die swart kol wat ‘n gat in my boek maak.                           Ek is nie reg nie. Ek wil dit stop sit.

Die nuwe hoofstuk hang soos ‘n swaar gordyn in die lug rond en ek verdrink in die definisie van die wêreld se groot wees.

Ek dink terug na die onskuldige klein meisie wat gesmag het na ‘n proe van die grootmens wêreld. Hoe naïef en dom.                Verblind deur spoggerigheid en die idee van selfstandigheid.

Nou staan dieselfde klein meisie met trane in haar oë, haar pen vol ink en haar blaaie leeg. Besig om vorentoe te beweeg en uit te vind wie sy regtig wil wees.

-ws

 

Geen kommentaar nie. Het U iets om te sê?

Jy moet in teken om kommentaar te lewer.