Summer

No votes yet.
Please wait...
Uitdaging
-
Kategorie
Gedigte
Geskryf deur
Datum
Summer

Elke oggend wanneer ek

met koffie op die troon sit

spring jy op my skoot

en knie my saggies,

en wanneer ek, diep in jou oë kyk

verstaan ek, die onskuldige skoonheid

 

Elke aand wanneer jy

op die bed jou dons kom vryf

verstaan ek

die grasieuse momentum

van esteties liefde

 

En elke hittige middag

wanneer jy op die vloer lê

met jou bene in die lug

`n spier wit kussing

met skrefies oë

tevrede

 

Maar nou staan ons hier in die hittige son

sweet en traan oor `n graaf

en `n geel somer blom.

Deel met jou vriende!

Geen kommentaar nie. Het U iets om te sê?

Jy moet in teken om kommentaar te lewer.